Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PSALMS 61:6 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 61:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

U, o God, hoor my geloftes, U vervul die wens van hulle wat u Naam eer.

PSALMS 61:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.

PSALMS 61:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Want U het my geloftes gehoor, o God. U vervul die begeerte van hulle wat u Naam dien.

PSALMS 61:6 DB (Die Boodskap)

God, U weet dat ek belowe het om U te prys. U oorlaai my met goeie dinge. U doen dit vir almal wat U dien.

PSALMS 61:6 ABA (Bybel vir almal)

Want U het gehoor dat ek belowe het om offers te bring vir U. U het vir my ook 'n plek gegee by die mense wat vir U dien.

PSALMS 61:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

U is immers die Een wat luister na my geloftes, o God; U gee 'n erfdeel aan hulle wat vir u Naam ontsag het.

PSALMS 61:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

U sal die koning se lewe verleng, en sy jare soos baie geslagte.