PSALMS 39:6 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
PSALMS 39:6 AFR83 (Afrikaans 1983)
Kyk, U het bepaal dat my dae min sal wees, in u oë is my lewensduur byna niks. Ag, alle mense is maar verganklik. Sela
PSALMS 39:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.
PSALMS 39:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Kyk, U het my lewe ’n blote handbreedte lank gemaak. My lewensduur is byna niks in u oë nie. Al is hy hoe selfversekerd, die mens is verganklik.” Sela
PSALMS 39:6 DB (Die Boodskap)
Here, U gee my maar ’n kort lewe. In u oë is ’n mens se lewe amper niks. Ons gaan so gou dood.
PSALMS 39:6 ABA (Bybel vir almal)
Ek weet, U sal my nie lank laat lewe nie, vir U is die tyd wat ek lewe, soos niks. Ja, niemand is soos hy moet wees nie. Sela
PSALMS 39:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, U het my lewensdae net 'n paar handbreedtes gemaak, en my lewensduur is soos niks voor U. Elke mens wat stewig staan, is 'n blote asemteug. •Sela
PSALMS 39:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waarlik, elke mens wandel in 'n nietige boodskap; sekerlik is hulle tevergeefs ontsteld: hy versamel rykdom en weet nie wie dit sal insamel nie.