Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PSALMS 34:2 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 34:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees.

PSALMS 34:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.

PSALMS 34:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek sal te alle tye die HERE loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees.

PSALMS 34:2 DB (Die Boodskap)

Ek wil die Here heeltyd prys; ek sal Hom dag en nag met lofliedere loof.

PSALMS 34:2 ABA (Bybel vir almal)

Ek sal die Here altyd prys, ek sal aanhou sing vir Hom.

PSALMS 34:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek wil die HERE die hele tyd prys, my mond is voortdurend vol van sy lof.

PSALMS 34:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

My siel sal haar in die HERE laat roem: die nederiges sal daarvan hoor en bly wees.