Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PSALMS 139:15 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 139:15 AFR83 (Afrikaans 1983)

geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.

PSALMS 139:15 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.

PSALMS 139:15 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

My bene was vir U sigbaar toe ek stilletjies gevorm is in die dieptes van die moederskoot.

PSALMS 139:15 DB (Die Boodskap)

Daar is nie ’n been in my wat uit sy plek is nie. U ken my totaal. Alles is soos U dit wil hê. U het my gemaak. Toe ek grootgeword het, het U vir my gesorg. U beheer ook my hele lewe.

PSALMS 139:15 ABA (Bybel vir almal)

U het geweet van elke been in my liggaam toe U my gemaak het waar niemand dit gesien het nie, toe U my gemaak het in die liggaam van my ma.

PSALMS 139:15 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

My skelet was nie vir U verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, toe ek kunstig geweef is in die dieptes van die aarde.

PSALMS 139:15 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

My besittings was nie vir jou verborge toe ek in die geheim gemaak is, en wonderlik bewerk is in die laagste dele van die aarde nie.