PSALMS 136:10-16 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
PSALMS 136:10-16 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hy het die Egiptenaars getref met die dood van hulle eersgeborenes Aan sy liefde is daar geen einde nie. en Israel onder hulle uit gelei Aan sy liefde is daar geen einde nie. met sy groot mag en krag. Aan sy liefde is daar geen einde nie. Hy het die Rietsee in twee gekloof Aan sy liefde is daar geen einde nie. en Israel daar deur laat trek, Aan sy liefde is daar geen einde nie. maar die farao met sy leërmag in die Rietsee gestort. Aan sy liefde is daar geen einde nie. Hy het sy volk deur die woestyn laat trek. Aan sy liefde is daar geen einde nie.
PSALMS 136:10-16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 136:10-16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die eerstelinge van Egipte het Hy getref Aan sy liefde is geen einde nie. en Israel onder hulle uitgelei Aan sy liefde is geen einde nie. met ’n sterk hand en uitgestrekte arm. Aan sy liefde is geen einde nie. Hy het die Rietsee oopgekloof Aan sy liefde is geen einde nie. en Israel veilig laat deurtrek, Aan sy liefde is geen einde nie. maar Farao en sy leër in die Rietsee gegooi. Aan sy liefde is geen einde nie. Hy het sy volk deur die woestyn gelei. Aan sy liefde is geen einde nie.
PSALMS 136:10-16 DB (Die Boodskap)
Al die oudste seuns in Egipte het Hy met die dood getref, sy liefde hou nooit op nie. Hy het Israel daar tussen hulle gaan uithaal, sy liefde hou nooit op nie. Hy het Israel met groot krag tot binne-in sy hand opgetel, sy liefde hou nooit op nie. Hy het die Rietsee in twee geskeur, sy liefde hou nooit op nie. Hy het Israel kurkdroog daardeur laat stap, sy liefde hou nooit op nie. Maar Hy het Farao en sy leër in die see laat verdrink, sy liefde hou nooit op nie. Hy het sy volk deur die woestyn gelei, sy liefde hou nooit op nie.
PSALMS 136:10-16 ABA (Bybel vir almal)
Hy het die oudste seuns in Egipte laat sterf en ook die eerste lammers en kalwers, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Hy het die Israeliete laat weggaan van die Egiptenaars, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Hy het sy volk gelei met sy sterk hand, met sy arm wat Hy uitgesteek het, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Julle moet dankie sê vir Hom wat die Riet-see in twee dele gedeel het, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Hy het die Israeliete deur die see laat gaan, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Maar Hy het die farao en sy soldate in die see laat val, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Hy het sy volk deur die woestyn laat loop, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
PSALMS 136:10-16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Prys Hom wat Egipte getref het deur hulle •eersgeborenes – want vir ewig duur sy troue liefde – en Israel uit hulle midde laat wegtrek het – want vir ewig duur sy troue liefde – met 'n sterk hand en uitgestrekte arm – want vir ewig duur sy troue liefde. Prys Hom wat die Rietsee in twee gesny het – want vir ewig duur sy troue liefde – en Israel in die middel laat deurtrek het – want vir ewig duur sy troue liefde – maar die farao en sy leër in die Rietsee afgeskud het – want vir ewig duur sy troue liefde. Prys Hom wat sy volk deur die woestyn laat gaan het – want vir ewig duur sy troue liefde
PSALMS 136:10-16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan hom wat Egipte verslaan het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En hy het Israel onder hulle uitgelei, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Aan hom wat die Skelfsee in dele verdeel het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En Israel daardeur laat trek, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Maar Farao en sy leër in die Skelfsee omvergewerp, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Aan Hom wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.