Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PSALMS 104:28 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 104:28 AFR83 (Afrikaans 1983)

U gee, en hulle eet, U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg.

PSALMS 104:28 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.

PSALMS 104:28 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

U gee vir hulle, hulle versamel dit. U maak u hand oop, met die goeie word hulle versadig.

PSALMS 104:28 DB (Die Boodskap)

U sorg dat hulle kan eet. Hulle kom dit net by U haal. U gee genoeg sodat almal daarvan vol kan word.

PSALMS 104:28 ABA (Bybel vir almal)

U gee die kos, en hulle eet, U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg.

PSALMS 104:28 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Gee U vir hulle, raap hulle dit op; maak U u hand oop, word hulle versadig met wat goed is.

PSALMS 104:28 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Wat U aan hulle gee, maak hulle bymekaar; U maak U hand oop, hulle word versadig met goed.