SPREUKE 30:9 – Vergelyk alle weergawes
SPREUKE 30:9 AFR83 (Afrikaans 1983)
sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: “Wie is die Here?” nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.
SPREUKE 30:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.
SPREUKE 30:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
As ek te veel het, sal ek U verloën en vra: “Nou wie is die HERE?” As ek te arm is, sal ek steel en my God se Naam beswadder.
SPREUKE 30:9 DB (Die Boodskap)
sodat ek nie ryk word en ophou om U lief te hê, of arm word en begin steel en so u wet oortree nie.
SPREUKE 30:9 ABA (Bybel vir almal)
Want as ek te veel het, dan sal ek miskien sê dat ek U nie ken nie, ek sal vra: “Wie is die Here?” En as ek arm is, dan sal ek miskien steel en nie die Naam van my God respekteer nie.
SPREUKE 30:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
sodat ek nie oorversadig raak en U misken en sê, “Wie is die HERE?” nie, of verarm en steel, en die naam van my God geweld aandoen nie.
SPREUKE 30:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
dat ek nie versadig word en U verloën en sê: Wie is die HERE? dat ek nie arm word en steel en die Naam van my God ydellik gebruik nie.