Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

SPREUKE 29:1 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

SPREUKE 29:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

'n Man wat hom bly verset teen teregwysings, kom skielik tot 'n val en staan nie weer op nie.

SPREUKE 29:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

'N MAN wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is.

SPREUKE 29:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Wie hom hardkoppig teen teregwysings bly verset, stort skielik ineen. Niks kan dan weer vir hom herstel bring nie.

SPREUKE 29:1 DB (Die Boodskap)

’n Hardkoppige mens wat nooit na ander luister nie, sal hom nog lelik vasloop.

SPREUKE 29:1 ABA (Bybel vir almal)

As jy aanhou om vir iemand te sê hoe hy moet lewe, maar hy bly hardkoppig, dan sal dit gou sleg gaan met hom, en niemand sal hom kan help nie.

SPREUKE 29:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Iemand wat ná teregwysings hardnekkig bly, sal onverwags verpletter word, sonder kans op herstel.

SPREUKE 29:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hy wat dikwels teregwys sy nek verhard, sal skielik vernietig word, en dit sonder genesing.