Slaan direk na inhoud oor

SPREUKE 24:12 – Vergelyk alle weergawes

SPREUKE 24:12 AFR83 (Afrikaans 1983)

As jy sou sê: “Ons weet daar niks van af nie”, sal God wat die gedagtes toets, weet wat die waarheid is. Hy wat oor jou wag hou, Hy weet en Hy vergeld 'n mens vir wat hy gedoen het.

SPREUKE 24:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! — sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.

SPREUKE 24:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Moenie jou verontskuldig en sê: “Ons het nie geweet nie.” Hy wat die gedagtes toets, weet mos wat waarheid is. Hy wat sy hand oor jou hou, weet wat waar is. God roep elkeen tot verantwoording vir wat hy gedoen het.

SPREUKE 24:12 DB (Die Boodskap)

Moenie agterna sê jy het niks daarvan geweet nie. Die Here ken ons en weet wat ons dink. Vir Hom kan ons niks wegsteek nie. Hy oordeel elkeen volgens sy werke.

SPREUKE 24:12 ABA (Bybel vir almal)

Jy mag nie sê: “Ons het dit nie gesien nie,” want daar is Iemand wat in jou hart kyk, Hy weet wat gebeur en Hy kyk wat jy doen, Hy weet en Hy sal dieselfde aan jou doen wat jy aan ander mense doen.

SPREUKE 24:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

As jy sê, ‘Kyk, ons het dit nie geweet nie!’ sal Hy wat harte beoordeel, sal Hy nie daaraan aandag gee nie? En Hy wat jou lewe beskerm, sal Hy dit nie weet nie? Hy sal 'n mens vergeld ooreenkomstig sy dade.

SPREUKE 24:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie; Beskou hy wat die hart oordink dit nie? en hy wat jou siel bewaar, weet hy dit nie? en sal hy nie elkeen vergelde volgens sy werke nie?