Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

SPREUKE 10:7 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

SPREUKE 10:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die nagedagtenis van dié wat reg doen, leef voort; die naam van dié wat verkeerd doen, word gou vergeet.

SPREUKE 10:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.

SPREUKE 10:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Dié wat reg lewe, sal lank onthou word. Hulle wat verkeerd gelewe het, sal gou vergeet word.

SPREUKE 10:7 DB (Die Boodskap)

Van ’n gelowige kan goeie dinge gesê word. Lank na sy dood word hy nog onthou. Sy woorde leef nog in mense se hart. Slegte mense se woorde is vol haat en geweld. Niemand dink daaroor na nie. Hulle word ook gou vergeet.

SPREUKE 10:7 ABA (Bybel vir almal)

Mense onthou 'n persoon wat reg gelewe het, maar niemand wil dink aan mense wat verkeerd gedoen het nie.

SPREUKE 10:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Herinnering aan 'n regverdige is tot seën, maar die roem van goddeloses verrot.

SPREUKE 10:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die gedagtenis van die regverdige is geseënd, maar die naam van die goddelose sal verrot.