Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

SPREUKE 1:33 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

SPREUKE 1:33 AFR83 (Afrikaans 1983)

maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.”

SPREUKE 1:33 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.

SPREUKE 1:33 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Elkeen wat na my luister, sal veilig wees. Vir rampe hoef hy nie bang te wees nie.”

SPREUKE 1:33 DB (Die Boodskap)

“Wie die wysheid ernstig opneem, is ’n gelukkige mens. Hy sal veilig voel en geen angs vir die lewe hê nie.”

SPREUKE 1:33 ABA (Bybel vir almal)

Maar die mense wat na my luister, woon veilig, hulle is nie bekommerd nie, hulle is nie bang dat dit sleg sal gaan nie.”

SPREUKE 1:33 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar wie na my luister, sal veilig woon; hulle sal rustig wees, sonder die verskrikking van onheil.”

SPREUKE 1:33 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar wie na My luister, sal veilig woon en stil wees van vrees vir die onheil.