Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

NUMERI 31:2 – Vergelyk alle weergawes

NUMERI 31:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Die Israeliete moet die Midianiete straf vir wat hulle julle aangedoen het. Daarna sal jy sterwe.”

NUMERI 31:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete; daarna sal jy by jou volksgenote versamel word.

NUMERI 31:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Die Israeliete moet wraak neem op die Midianiete omdat hulle julle verlei het. Daarna sal jy sterf.”

NUMERI 31:2 DB (Die Boodskap)

“Julle moet wraak neem op die Midianiete omdat hulle die Israeliete verlei het om afgode te aanbid. Na dit sal jy sterf.”

NUMERI 31:2 ABA (Bybel vir almal)

“Die Israeliete moet die Midianiete straf oor wat hulle gedoen het. Daarna sal jy sterf.”

NUMERI 31:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Vergeld die onreg wat die Israeliete aangedoen is deur die Midianiete. Daarna sal jy met jou mense verenig word.”

NUMERI 31:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Wreek die kinders van Israel van die Midianiete; daarna sal jy by jou volk versamel word.