Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

NUMERI 3:9 – Vergelyk alle weergawes

NUMERI 3:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

Jy moet die Leviete tot beskikking van Aäron en sy seuns stel; uit die volk Israel is hulle die mense wat volkome aan Aäron se diens gewy is.

NUMERI 3:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van Israel.

NUMERI 3:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Stel nou die Leviete aan as Aäron en sy seuns se helpers. Uit die Israeliete sal hulle hom voltyds bystaan.

NUMERI 3:9 DB (Die Boodskap)

Die Leviete se verantwoordelikheid is om vir Aäron en sy seuns te help.

NUMERI 3:9 ABA (Bybel vir almal)

Jy moet die Leviete vir Aäron en sy seuns gee. Die Israeliete gee die Leviete sodat hulle vir Aäron en sy seuns kan werk.

NUMERI 3:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“ Jy moet die Leviete tot beskikking stel van Aäron en sy seuns. Hulle is volledig tot sy beskikking namens die Israeliete.

NUMERI 3:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee; hulle is geheel en al aan hom gegee uit die kinders van Israel.