NUMERI 3:7 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 3:7 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hulle moet vir Aäron in die gemeente diensbeurte waarneem in die tent van ontmoeting deur die werk wat hulle in die tabernakel doen.
NUMERI 3:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En hulle moet sy diens waarneem en die diens van die hele vergadering voor die tent van samekoms, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.
NUMERI 3:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hulle sal Aäron en die gemeenskap in die tabernakel bystaan en daar bepaalde take verrig.
NUMERI 3:7 DB (Die Boodskap)
Saam met Aäron moet hulle al die dienste in die tabernakel, die spesiale tent van die Here, waarneem.
NUMERI 3:7 ABA (Bybel vir almal)
Hulle moet vir die hele volk werk by die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn, hulle moet alles wat nodig is, by die tempel-tent doen.
NUMERI 3:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
hulle moet sy verpligtinge en die verpligtinge van die hele volksvergadering voor die Tent van Ontmoeting help nakom deur diens te doen in die tabernakel.
NUMERI 3:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle moet sy diens waarneem en die diens van die hele vergadering voor die tent van samekoms, om die diens van die tent te verrig.