Slaan direk na inhoud oor

NUMERI 3:40 – Vergelyk alle weergawes

NUMERI 3:40 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Here het ook vir Moses gesê: “Tel al die manlike eersgeborenes van die Israeliete van 'n maand en ouer, en maak 'n lys van hulle name.

NUMERI 3:40 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die HERE het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van 'n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.

NUMERI 3:40 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe sê die HERE vir Moses: “Tel nou al die eersgebore seuns onder die Israeliete wat ouer as ’n maand is. Skryf hulle name op.

NUMERI 3:40 DB (Die Boodskap)

Die Here het verder vir Moses gesê: “Tel al die oudste manlike kinders in Israel van ’n maand en ouer. Maak dan ’n lys van hulle name.

NUMERI 3:40 ABA (Bybel vir almal)

Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet al die oudste seuns van die Israeliete tel en jy moet hulle name in 'n boek skryf, almal wat 'n maand of ouer is.

NUMERI 3:40 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die HERE het vir Moses gesê: “Skryf elke manlike eersgeborene van die Israeliete van 'n maand en ouer in. Neem hulle volle name op in die lys.

NUMERI 3:40 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Verder het die HERE vir Moses gesê: Tel al die eersgeborenes van die manlike kinders van die kinders van Israel, van 'n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.