NUMERI 3:4 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 3:4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Maar die Here het vir Nadab en Abihu laat sterwe omdat hulle in die Sinaiwoestyn ongeoorloofde vuur voor Hom neergesit het. Hulle het geen seuns gehad nie. Eleasar en Itamar het toe die priesterdiens verrig onder die toesig van Aäron, hulle pa.
NUMERI 3:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar Nadab en Abíhu het gesterwe voor die aangesig van die HERE toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE in die woestyn Sinai gebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar Eleásar en Ítamar het die priesteramp bedien voor die oë van hulle vader Aäron.
NUMERI 3:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Nadab en Abihu is egter dood omdat hulle in die Sinaiwoestyn verkeerde vuur vir die HERE geoffer het. Hulle is dood sonder enige nageslag. Eleasar en Itamar was dus die enigste om saam met Aäron die priesterwerk te doen.
NUMERI 3:4 DB (Die Boodskap)
Maar die Here het vir Nadab en Abihu laat doodgaan omdat hulle sonder sy toestemming vuur na die altaar toe gebring het. Aangesien hulle nie kinders gehad het nie, was dit net Eleasar en Itamar wat saam met hulle pa as priesters opgetree het.
NUMERI 3:4 ABA (Bybel vir almal)
Nadab en Abihu het in die Sinai-woestyn gesterf toe hulle verkeerde vuur op die altaar neergesit het. Die Here het hulle laat sterf. Hulle het nie seuns gehad nie, en toe was net Eleasar en Itamar priesters saam met hulle pa Aäron.
NUMERI 3:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Nadab en Abihu het voor die HERE gesterf, toe hulle in die Sinaiwoestyn ongeoorloofde vuur voor die HERE nadergebring het. Hulle het geen seuns gehad nie, en Eleasar en Itamar het onder toesig van hulle vader, Aäron, as priesters opgetree.
NUMERI 3:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Nadab en Abíhu het gesterwe voor die aangesig van die HERE toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring het in die woestyn Sinai, en hulle het geen kinders gehad nie; en Eleasar en Itamar het die priesteramp bedien voor die oë van hulle vader Aäron.