Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

NUMERI 3:1 – Vergelyk alle weergawes

NUMERI 3:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe die Here destyds met Moses op Sinaiberg gepraat het, het Aäron en Moses reeds afstammelinge gehad.

NUMERI 3:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN dit is die nakomelinge van Aäron en Moses op die dag toe die HERE met Moses op die berg Sinai gespreek het.

NUMERI 3:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe die HERE met Moses by Sinaiberg gepraat het, het hy en Aäron reeds ’n nageslag gehad.

NUMERI 3:1 DB (Die Boodskap)

Toe die Here destyds met Moses op die berg Sinai gepraat het, het hy en Aäron reeds hulle eie families gehad.

NUMERI 3:1 ABA (Bybel vir almal)

Hier is 'n lys van die nageslag van Aäron en Moses op die dag toe die Here op Sinai-berg met Moses gepraat het.

NUMERI 3:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hier volg die geslagsregisters van Aäron en Moses. Die tyd toe die HERE met Moses op die berg Sinai gepraat het

NUMERI 3:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Dit is ook die geslagte van Aäron en Moses op die dag dat die HERE met Moses gespreek het op die berg Sinai.