NUMERI 26:65 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 26:65 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die Here het destyds vir daardie Israeliete gesê dat hulle beslis in die woestyn sou sterf. Nie een van húlle het toe oorgebly nie, behalwe Kaleb seun van Jefunne, en Josua seun van Nun.
NUMERI 26:65 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want die HERE het van hulle gesê: Sterwe sal hulle in die woestyn! En van hulle het niemand oorgebly nie buiten Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.
NUMERI 26:65 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die HERE het vir daardie Israeliete toe al gesê dat hulle in die woestyn sal doodgaan. Dit was net Kaleb, die seun van Jefunne, en Josua, die seun van Nun, wat oorgebly het.
NUMERI 26:64-65 DB (Die Boodskap)
Toe hulle na die lyste kyk, was daar nie een van die mans se name daarin wat in die vorige sensus in die Sinaiwoestyn getel is nie. Hulle was reeds almal dood, soos die Here belowe het. Die enigste twee wat oorgebly het, was Jefunne se seun Kaleb en Nun se seun Josua.
NUMERI 26:65 ABA (Bybel vir almal)
Die Here het daardie tyd vir die Israeliete gesê dat hulle almal daar in die woestyn sal sterf, dit is seker. Nie een van daardie Israeliete het aangehou lewe nie, net Kaleb seun van Jefunne en Josua seun van Nun het nog gelewe.
NUMERI 26:65 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Omdat die HERE vir hulle gesê het dat hulle beslis sal sterf in die woestyn, het nie een van hulle oorgebly nie, behalwe Kaleb, seun van Jefunne, en Josua, seun van Nun.
NUMERI 26:65 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die HERE het van hulle gesê: Hulle sal gewis in die woestyn sterwe. En daar het geen man van hulle oorgebly nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefunne, en Josua, die seun van Nun.