NUMERI 26:63 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 26:63 AFR83 (Afrikaans 1983)
Al hierdie mense is getel deur Moses en die priester Eleasar in die Moabsvlakte regoor Jerigo aan die Jordaan.
NUMERI 26:63 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Dit is hulle wat deur Moses en die priester Eleásar getel is, wat die kinders van Israel in die vlaktes van Moab getel het, by die Jordaan van Jérigo.
NUMERI 26:63 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Dit is dan die mense wat Moses en die priester Eleasar getel het in die Moabsvlakte by die Jordaan reg teenoor Jerigo.
NUMERI 26:63 DB (Die Boodskap)
Moses en Eleasar het hierdie sensus opgeneem in die vlakte van Moab waar die volk langs die Jordaanrivier regoor Jerigo gekamp het.
NUMERI 26:63 ABA (Bybel vir almal)
Moses en die priester Eleasar het al hierdie mense getel in die Moab-vlakte langs die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo.
NUMERI 26:63 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit was dié wat ingeskryf is deur Moses en die priester Eleasar, wat die Israeliete in die vlaktes van Moab by die Jordaan, teenoor Jerigo, ingeskryf het.
NUMERI 26:63 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is hulle wat deur Moses en die priester Eleasar getel is, wat die kinders van Israel in die vlaktes van Moab by die Jordaan by Jerigo getel het.