NUMERI 22:8 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 22:8 AFR83 (Afrikaans 1983)
Bileam sê toe vir hulle: “Bly vannag oor, dan sê ek môre vir julle wat die Here vir my sal sê.” Die amptenare van Moab het toe by Bileam oornag.
NUMERI 22:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarop antwoord hy hulle: Bly vannag hier oor; dan sal ek julle berig bring soos die HERE aan my sal sê. Toe het die vorste van Moab by Bíleam gebly.
NUMERI 22:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy het vir hulle gesê: “Bly vannag hier oor. Ek sal vir julle môre sê wat die HERE sê.” Hulle het toe by hom oornag.
NUMERI 22:8 DB (Die Boodskap)
Hy sê toe vir hulle: “Bly vannag hier oor, dan sal ek môre vir julle sê wat die Here vir my gesê het.” Die leiers uit Moab het toe daar by Bileam oorgeslaap.
NUMERI 22:8 ABA (Bybel vir almal)
Bileam het vir hulle gesê: “Julle moet vannag hier slaap, dan sal ek môre vir julle sê wat die Here vir my sê.” Die amptenare van Moab het toe daar by Bileam gebly.
NUMERI 22:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het vir hulle gesê: “Bly vannag hier oor, dan gee ek vir julle die antwoord wat die HERE my sal meedeel.” Die •hoë amptenare van Moab het toe by Bileam oorgebly.
NUMERI 22:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê vir hulle: Bly vannag hier oor, en ek sal julle boodskap bring soos die HERE met my spreek; en die vorste van Moab het by Bíleam gebly.