NUMERI 22:41 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 22:41 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die volgende môre het Balak vir Bileam teen Bamot-Baäl laat uitklim. Daarvandaan kon Bileam die volk Israel van die kant af sien.
NUMERI 22:41 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En in die môre het Balak Bíleam geneem en hom op die hoogtes van Baäl laat opklim vanwaar hy die kant van die volk kon sien.
NUMERI 22:41 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die volgende oggend het Balak vir Bileam saam met hom na Bamot-Baäl gevat. Van daar af kon hy sien tot waar die volk staan.
NUMERI 22:41 DB (Die Boodskap)
Die volgende oggend het Balak vir Bileam teen die hoogtes van Bamot-Baäl laat uitklim. Toe Bileam van daar af kyk, het hy ’n gedeelte van die Israeliete gesien.
NUMERI 22:41 ABA (Bybel vir almal)
Die volgende oggend het Balak vir Bileam na die stad Bamot-Baäl geneem. Bileam kon van daar die kant van die Israeliete se tente sien.
NUMERI 22:41 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die volgende môre het Balak vir Bileam geneem en hy het hom die berg Bamot-Baäl laat uitklim. Daarvandaan het Bileam 'n deel van die volk gesien.
NUMERI 22:41 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die volgende dag het Balak Bíleam geneem en hom op die hoogtes van Baäl gebring, sodat hy daarvandaan die einde van die volk kon sien.