Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

NUMERI 22:2 – Vergelyk alle weergawes

NUMERI 22:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Balak seun van Sippor het gehoor van alles wat Israel aan die Amoriete gedoen het.

NUMERI 22:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe Balak, die seun van Sippor, sien alles wat Israel die Amoriete aangedoen het

NUMERI 22:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Balak, die seun van Sippor, was koning van die Moabiete. Hy het gehoor wat die Israeliete alles met die Amoriete gedoen het.

NUMERI 22:2 DB (Die Boodskap)

Toe die koning van Moab, Balak die seun van Sippor, hoor wat die Israeliete met die Amoriete gedoen het

NUMERI 22:2 ABA (Bybel vir almal)

Balak seun van Sippor het gehoor wat die Israeliete alles gedoen het met die Amoriete.

NUMERI 22:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Balak, seun van Sippor, het alles gesien wat Israel aan die •Amoriete gedoen het.

NUMERI 22:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Balak, die seun van Sippor, het alles gesien wat Israel aan die Amoriete gedoen het.