NUMERI 16:2 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 16:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
teen Moses in opstand gekom. Saam met hulle was twee honderd en vyftig Israelitiese mans, leiers van die gemeenskap wat deur die volksvergadering aangewys is, manne van aansien.
NUMERI 16:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
en hulle het opgestaan voor die oë van Moses saam met tweehonderd-en-vyftig man uit die kinders van Israel, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die volksvergadering, manne van naam.
NUMERI 16:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hulle het saam met 250 mans uit die Israeliete teen Moses in opstand gekom. Hulle was almal bekende leiers wat deur die gemeenskap aangewys is.
NUMERI 16:2 DB (Die Boodskap)
Hulle het toe met 250 ander prominente leiers van die gemeenskap kragte saamgesnoer om van Moses as leier ontslae te raak.
NUMERI 16:1-2 ABA (Bybel vir almal)
Korag, Datan, Abiram en On het opstandig geword teen Moses. Korag was die seun van Jishar seun van Kehat seun van Levi, Datan en Abiram was die seuns van Eliab, en On was die seun van Pelet. Hulle was uit die nageslag van Ruben. Saam met hulle was daar 250 manne van Israel, manne wat leiers van die volk was. Die volksvergadering het hulle voorheen gekies, en almal het hulle geken.
NUMERI 16:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle en tweehonderd-en-vyftig mans van die Israeliete, leiers van die volksvergadering wat vir die geleentheid opgeroep is, manne van aansien, het voor Moses gaan staan.
NUMERI 16:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het opgestaan voor Moses, saam met sommige van die kinders van Israel, twee honderd en vyftig owerstes van die vergadering, bekendes in die vergadering, bekendes