Slaan direk na inhoud oor

NUMERI 1:4 – Vergelyk alle weergawes

NUMERI 1:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Julle moet hierin bygestaan word deur persone wat hoofde is van hulle families, een uit elke stam.

NUMERI 1:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En met julle saam moet daar van elke stam 'n man wees, 'n man wat hoof is van sy families.

NUMERI 1:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Uit elke stam moet ’n leier julle help.

NUMERI 1:4 DB (Die Boodskap)

Kry een hoof uit elke stam om julle hiermee te help.

NUMERI 1:4 ABA (Bybel vir almal)

Een persoon van elke stam, 'n familiehoof, moet vir julle help.

NUMERI 1:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Saam met julle moet daar iemand wees, 'n man uit elke stam, iemand wat die hoof is van sy familie.

NUMERI 1:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En by jou sal daar 'n man van elke stam wees; elkeen hoof van die huis van sy vaders.