Slaan direk na inhoud oor

NUMERI 1:3 – Vergelyk alle weergawes

NUMERI 1:2-3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Here het gesê: “Jy en Aäron moet al die Israeliete man vir man tel volgens afkoms en familie; skryf die name op van elke manlike persoon van twintig jaar en ouer, elkeen in Israel wat vir militêre diens geskik is en wat in leërafdelings ingedeel is.

NUMERI 1:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron.

NUMERI 1:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

bo twintig jaar. Jy en Aäron moet dit doen.

NUMERI 1:2-3 DB (Die Boodskap)

“Jy en Aäron moet ’n sensusopname van die hele volk volgens hulle familiegroepe en stamme hou. Skryf die name op van al die mans van twintig en ouer wat militêre diens kan doen.

NUMERI 1:3 ABA (Bybel vir almal)

Moses, jy en Aäron moet dit doen. Julle moet in die boek die naam skryf van elke man wat 20 jaar of ouer is, elkeen wat oorlog kan maak, en ook by watter groep van die leër hy moet wees.

NUMERI 1:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

van twintig jaar en ouer – elke weerbare man in Israel. Jy en Aäron moet hulle inskryf volgens hulle leërafdelings.

NUMERI 1:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in Israel oorlog kan uittrek; jy en Aäron moet hulle tel volgens hulle leërs.