Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

NEHEMIA 13:31 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

NEHEMIA 13:31 AFR83 (Afrikaans 1983)

en ook die heffings van hout op die vasgestelde tye, en die eerstelinge. Onthou dit tot my voordeel, my God!

NEHEMIA 13:31 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

ook vir die lewering van hout op vasgestelde tye en vir die eerstelinge. Dink aan my, my God, ten goede!

NEHEMIA 13:31 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek het ook gesorg dat die houtvoorraad vir die offers op die regte tyd voorsien was. Verder ook dat hulle die eerste opbrengs van die oes vir die priesters gebring het. My God, onthou my. Wees goed vir my!

NEHEMIA 13:31 DB (Die Boodskap)

Ek het ook seker gemaak dat die hout wat vir die offers gebruik word, op die regte tyd daar was en dat die mense hulle eerste opbrengs van hulle koring en vrugte as ’n dankoffer tempel toe gebring het. Onthou asseblief al hierdie dinge, my God! Wees baie goed vir my!

NEHEMIA 13:31 ABA (Bybel vir almal)

Ek het ook gesê wanneer die mense die hout en die eerste vrugte moet bring. Ek het gebid en gesê: “My God, U moet dit onthou, U moet dit goed laat gaan met my.”

NEHEMIA 13:31 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

en vir die lewering van hout op vasgestelde tye, en vir die lewering van die eerste vrugte. Dink aan my, my God, tot my voordeel.

NEHEMIA 13:31 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En vir die houtoffer, op vasgestelde tye, en vir die eerstelinge. Dink aan my, o my God, ten goede.