MARKUS 14:5 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MARKUS 14:5 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hierdie reukolie kon vir meer as drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir armes gegee gewees het.” En hulle het teen haar uitgevaar.
MARKUS 14:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want dit kon vir meer as driehonderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee geword het. En hulle het teen haar uitgevaar.
MARKUS 14:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Ons kon dit vir ’n yslike bedrag verkoop het en die geld vir die armes gegee het.” En hulle het haar uitgetrap.
MARKUS 14:5 DB (Die Boodskap)
Ons kon dit maklik gaan verkoop en amper ’n jaar se salaris daarvoor gekry het. Dink net hoeveel arm mense kon ons met daardie geld gehelp het.” Hulle het sommer lelik met haar geraas.
MARKUS 14:5 ABA (Bybel vir almal)
Sy kon dit verkoop het en meer as 300 silwer geldstukke gekry het. Dan kon sy die geld vir die arm mense gegee het.” Hulle het met haar geraas.
MARKUS 14:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie olie kon vir meer as driehonderd denarius verkoop word, en dit kon aan die armes gegee word.” En hulle het teen haar uitgevaar.
MARKUS 14:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want dit kon vir meer as driehonderd pennings verkoop gewees het en aan die armes gegee gewees het. En hulle het teen haar gemurmureer.