MIGA 2:2 – Vergelyk alle weergawes
MIGA 2:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hulle begeer 'n stuk grond en vat dit, huise, en lê beslag daarop. Hulle kul 'n man uit sy huis uit, 'n mens uit sy besitting uit.
MIGA 2:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Ja, hulle begeer velde en roof dit; ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die mens en sy erfdeel.
MIGA 2:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
As julle ’n stuk grond wil hê, lê julle beslag daarop. As julle iemand se huis wil hê, vat julle dit van hulle af. Nie eers iemand se familie of erfgrond is veilig nie!
MIGA 2:2 DB (Die Boodskap)
As hulle ’n stuk grond wil hê, vat hulle dit doodeenvoudig. Hulle doen dieselfde met mense se huise. Hulle dink nie twee keer om iemand te bedrieg om sy huis in die hande te kry nie. Nie eens ’n mens se familie- of erfgrond is veilig nie.
MIGA 2:2 ABA (Bybel vir almal)
Hulle wil ander mense se grond hê en hulle vat dit, hulle vat 'n man se huis en sy grond.
MIGA 2:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle begeer stukke grond, en neem dit af, huise, en neem dit in besit. Hulle bedreig 'n man en sy gesin, 'n mens en sy erfdeel.
MIGA 2:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle begeer landerye en neem dit met geweld in; en huise en neem dit weg; so verdruk hulle 'n man en sy huis, 'n man en sy erfdeel.