Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 5:42 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 5:42 AFR83 (Afrikaans 1983)

Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”

MATTEUS 5:42 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie.

MATTEUS 5:42 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Géé vir die een wat iets van jou vra, en moenie jou rug draai op iemand wat by jou wil leen nie.”

MATTEUS 5:42 DB (Die Boodskap)

“Julle moet vrygewig wees. Deel julle besittings met mense wat julle vra om hulle te help. Moenie mense wegjaag as hulle iets by julle wil leen nie.”

MATTEUS 5:42 ABA (Bybel vir almal)

As iemand iets vir jou vra, gee dit vir hom. As iemand iets by jou wil leen, moenie vir hom ‘nee’ sê nie.”

MATTEUS 5:42 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Gee aan wie van jou iets vra, en moet die een wat van jou wil leen, nie wegwys nie.

MATTEUS 5:42 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Gee aan hom wat jou vra, en van hom wat van jou wil leen, moet jy nie wegdraai nie.