Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 5:40 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 5:40 AFR83 (Afrikaans 1983)

As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere.

MATTEUS 5:40 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry.

MATTEUS 5:40 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En gee vir hulle wat jou hof toe wil vat omdat hulle jou onderkleed wil hê, ook jou bo-kleed.

MATTEUS 5:40 DB (Die Boodskap)

En as iemand jou hof toe wil vat oor iets wat jy hom skuld, gee dit dadelik vir hom terug. Sluit ook sommer ’n groot geskenk daarby in om die vrede te bewaar.

MATTEUS 5:40 ABA (Bybel vir almal)

As hy jou hof toe wil vat omdat hy jou onderkleed wil hê, gee dan ook jou bo-kleed vir hom.

MATTEUS 5:40 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En as iemand jou voor die hof wil daag en jou onderkleed wil vat, gee hom ook die bokleed.

MATTEUS 5:40 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En as iemand jou vir die wet wil dagvaar en jou mantel wegneem, laat hom ook jou mantel kry.