MATTEUS 5:21 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 5:21 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Julle het gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie; en elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbank’.
MATTEUS 5:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg.
MATTEUS 5:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Julle het gehoor dat vir ons voorouers gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie. As jy moord pleeg, sal jy voor die regbank rekenskap moet gee.’
MATTEUS 5:21 DB (Die Boodskap)
“Julle onthou mos dat die godsdienstige leiers aan julle ouers gesê het: ‘’n Mens mag nie moord pleeg nie. Alle moordenaars moet hof toe gesleep word en die doodstraf kry.’
MATTEUS 5:21 ABA (Bybel vir almal)
“Julle weet die wette sê: ‘ Jy mag nie iemand vermoor nie. As jy iemand vermoor, dan sal die hof jou straf.’
MATTEUS 5:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Julle het gehoor dat daar aan die voorouers gesê is, ‘Jy mag nie moord pleeg nie, en wie moord pleeg, is strafbaar voor die reg.’
MATTEUS 5:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Julle het gehoor dat daar van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie; en elkeen wat doodslaan, is in gevaar van die oordeel.