Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 27:63 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 27:63 AFR83 (Afrikaans 1983)

en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’

MATTEUS 27:63 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en sê: My heer, ons herinner ons dat dié verleier, toe hy in die lewe was, gesê het: Oor drie dae staan ek op.

MATTEUS 27:63 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hulle het vir hom gesê: “U Edele, ons onthou hierdie bedrieër het, toe hy nog gelewe het, gesê: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opstaan.’

MATTEUS 27:63 DB (Die Boodskap)

“U Edele,” het hulle gesê, “iets het ons intussen bygeval. Toe daardie bedrieër nog geleef het, het hy beweer dat hy na drie dae uit die dood opgewek sal word.

MATTEUS 27:63 ABA (Bybel vir almal)

en hulle het vir Pilatus gesê: “Meneer, ons onthou dat daardie man die mense bedrieg het toe hy gelewe het en gesê het: ‘Ná drie dae sal God My weer laat lewe.’

MATTEUS 27:63 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

en gesê: “Meneer, ons het onthou dat toe hy nog geleef het, daardie bedrieër gesê het, ‘Ná drie dae sal Ek weer opgewek word.’

MATTEUS 27:63 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

en gesê: Meneer, ons onthou dat daardie bedrieër, terwyl hy nog gelewe het, gesê het: Na drie dae sal ek opstaan.