MATTEUS 27:62 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 27:62 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom
MATTEUS 27:62 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Die volgende dag — dit is die dag ná die voorbereiding — kom die owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus saam
MATTEUS 27:62 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die volgende dag – dit was die dag ná die Vrydag – het die priesterhoofde en die Fariseërs met Pilatus gaan praat.
MATTEUS 27:62 DB (Die Boodskap)
Die volgende dag, net na die voorbereidings vir die paasfees, is die Joodse leiers en die Fariseërs na Pilatus toe.
MATTEUS 27:62 ABA (Bybel vir almal)
Die volgende dag was dit die Sabbatdag, die dag ná die Vrydag. Die priesterleiers en die Fariseërs het by Pilatus bymekaargekom
MATTEUS 27:62 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die volgende dag – dit is die dag ná Voorbereidingsdag – het die leierpriesters en die •Fariseërs by •Pilatus byeengekom
MATTEUS 27:62 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die volgende dag, wat gevolg het op die dag van voorbereiding, het die owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus bymekaargekom