Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 27:61 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 27:61 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maria Magdalena en die ander Maria was ook daar en het reg voor die graf gesit.

MATTEUS 27:61 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Maria Magdaléna was daar en die ander Maria, en hulle het reg voor die graf gesit.

MATTEUS 27:61 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Intussen het Maria Magdalena en die ander Maria daar reg voor die graf se ingang bly sit.

MATTEUS 27:61 DB (Die Boodskap)

Maria Magdalena en die ander Maria het egter voor die graf bly sit.

MATTEUS 27:61 ABA (Bybel vir almal)

Maria Magdalena en die ander Maria was daar en hulle het voor die graf gesit.

MATTEUS 27:61 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maria Magdalena was daar, ook die ander Maria, en hulle het teenoor die graf bly sit.

MATTEUS 27:61 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En daar was Maria Magdalena en die ander Maria wat oorkant die graf gesit het.