Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 27:57 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 27:57 AFR83 (Afrikaans 1983)

Laat die middag het daar 'n ryk man aangekom. Dit was Josef van Arimatea, wat self ook 'n volgeling van Jesus was.

MATTEUS 27:57 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN toe dit aand geword het, het daar 'n ryk man van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook 'n dissipel van Jesus was.

MATTEUS 27:57 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Laat daardie middag het Josef, ’n ryk man van Arimatea, daar opgedaag. Hy was self ook ’n dissipel van Jesus.

MATTEUS 27:57 DB (Die Boodskap)

Dit het al laat begin word. ’n Ryk man, Josef van Arimatea, wat ook ’n volgeling van Jesus was, het daar aangekom.

MATTEUS 27:57 ABA (Bybel vir almal)

Dit was al laat en amper aand. Daar kom toe 'n ryk man van die stad Arimatea. Sy naam was Josef. Hy was self ook 'n dissipel van Jesus.

MATTEUS 27:57 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe dit laat geword het, het 'n ryk man van Arimatea, met die naam Josef, daar aangekom. Ook hy was 'n dissipel van Jesus.

MATTEUS 27:57 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe dit aand geword het, het daar 'n ryk man van Arimathéa gekom, met die naam van Josef, wat self ook Jesus se dissipel was.