Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 27:55 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 27:55 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daar was ook baie vroue wat op 'n afstand gestaan en kyk het. Dit is hulle wat vir Jesus van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg het.

MATTEUS 27:55 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En daar was baie vroue wat dit van ver af aanskou het, wat vir Jesus van Galiléa af gevolg en Hom gedien het.

MATTEUS 27:55 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Baie vroue wat Jesus van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg het, het alles op ’n afstand dopgehou.

MATTEUS 27:55 DB (Die Boodskap)

Heelwat vroue het op ’n afstand gestaan en kyk. Hulle het Hom van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg.

MATTEUS 27:55 ABA (Bybel vir almal)

Daar was baie vroue wat 'n bietjie verder gestaan en kyk het. Hulle het van Galilea saam met Jesus gekom om vir Hom te sorg.

MATTEUS 27:55 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daar was baie vroue teenwoordig wat van ver af toegekyk het. Dit was vroue wat Jesus van Galilea af gevolg en Hom gedien het.

MATTEUS 27:55 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En baie vroue was daar wat ver aanskou het wat Jesus van Galilea gevolg het en Hom bedien het.