Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 27:5 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 27:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Judas het toe die geld in die tempel in gegooi, weggeloop en homself gaan ophang.

MATTEUS 27:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang.

MATTEUS 27:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Judas gooi toe die geld op die tempelvloer neer, draai om en gaan hang homself op.

MATTEUS 27:5 DB (Die Boodskap)

Judas gooi toe die geld net daar in die tempel neer en hardloop weg. Later het hulle hom gekry waar hy homself opgehang het.

MATTEUS 27:5 ABA (Bybel vir almal)

Judas het toe die geld in die tempel gegooi en hy het weggegaan en homself opgehang.

MATTEUS 27:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het toe die silwerstukke in die •tempel neergegooi, weggegaan en homself gaan ophang.

MATTEUS 27:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggegaan en gegaan en homself opgehang.