Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 27:44 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 27:44 AFR83 (Afrikaans 1983)

Op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig is, Hom ook beledig.

MATTEUS 27:44 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig was, Hom ook beledig.

MATTEUS 27:44 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

In hierdie selfde trant het selfs die kriminele wat saam met Hom gekruisig is, Hom beledig.

MATTEUS 27:44 DB (Die Boodskap)

Die terroriste langs Hom het ook nie op hulle laat wag nie. Hulle het Jesus lekker saam met die ander gekoggel.

MATTEUS 27:44 ABA (Bybel vir almal)

Die twee mense wat saam met Jesus aan die kruise gehang het, het ook vir Jesus op dieselfde manier gespot. Hulle was mense wat teen die regering geveg het.

MATTEUS 27:44 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Op dieselfde manier het ook die rowers wat saam met Hom gekruisig is, Hom beledig.

MATTEUS 27:44 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ook die diewe wat saam met Hom gekruisig is, het dit in sy tande gegooi.