MATTEUS 27:42 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 27:42 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Ander het hy gered, maar homself kan hy nie red nie. Hy is mos die koning van Israel! Laat hy nou van die kruis afkom en ons sal in hom glo.
MATTEUS 27:42 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die Koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo.
MATTEUS 27:42 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Foeitog, hy het ander gered, maar hy kan homself nie red nie. Hy is mos die Koning van Israel. Laat hy nou afkom van die kruis! Dan sal ons in hom glo!
MATTEUS 27:42 DB (Die Boodskap)
“Hy het ander gered. Nou is hy self in die moeilikheid en kan skielik niks doen nie. Ja-nee, dit is nou vir jou die ‘koning van Israel’, nè! As hy nou daar van die kruis afkom, sal ons sowaar in hom glo.
MATTEUS 27:42 ABA (Bybel vir almal)
“Hy het ander mense gered, maar hy kan homself nie red nie! Hy sê hy is die Koning van Israel. Hy moet nou afklim van die kruis, dan sal ons in hom glo!
MATTEUS 27:42 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Ander het hy gered, homself kan hy nie red nie. Hy is die koning van Israel, laat hy nou afkom van die kruis, en ons sal in hom glo.
MATTEUS 27:42 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het ander gered; homself kan hy nie red nie. As hy die Koning van Israel is, laat hom nou van die kruis afkom, en ons sal hom glo.