Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 27:40 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 27:40 AFR83 (Afrikaans 1983)

en gesê: “Jy wat die tempel afbreek en in drie dae opbou! Red jouself as jy die Seun van God is, en kom van die kruis af!”

MATTEUS 27:40 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!

MATTEUS 27:40 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Toe nou, jy kan mos die tempel afbreek en dit weer in drie dae opbou! As jy dan God se Seun is, red jouself en kom van die kruis af!”

MATTEUS 27:40 DB (Die Boodskap)

“Jy het so gespog dat jy die tempel sal afbreek en in drie dae weer sal opbou. Toe, wys nou wat daar in jou steek! As jy regtig die Seun van God is, red jouself. Klim daar van die kruis af, as jy natuurlik kan.”

MATTEUS 27:40 ABA (Bybel vir almal)

hulle het gesê: “Jy het gesê jy sal die tempel afbreek en dit weer in drie dae bou. As jy die Seun van God is, red jouself nou en klim van die kruis af!”

MATTEUS 27:40 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

en sê: “Jy wat die tempel afbreek en in drie dae opbou – as jy die •Seun van God is, red jouself, en kom af van die kruis!”

MATTEUS 27:40 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

en gesê: Jy wat die tempel afbreek en dit in drie dae bou, red jouself. As U die Seun van God is, kom af van die kruis.