MATTEUS 27:40
MATTEUS 27:40 Bybel vir almal (ABA)
hulle het gesê: “Jy het gesê jy sal die tempel afbreek en dit weer in drie dae bou. As jy die Seun van God is, red jouself nou en klim van die kruis af!”
MATTEUS 27:40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!
MATTEUS 27:40 Afrikaans 1983 (AFR83)
en gesê: “Jy wat die tempel afbreek en in drie dae opbou! Red jouself as jy die Seun van God is, en kom van die kruis af!”
MATTEUS 27:40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en sê: “Jy wat die tempel afbreek en in drie dae opbou – as jy die •Seun van God is, red jouself, en kom af van die kruis!”
MATTEUS 27:40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
en gesê: Jy wat die tempel afbreek en dit in drie dae bou, red jouself. As U die Seun van God is, kom af van die kruis.