Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 27:4 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 27:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

en vir hulle gesê: “Ek het gesondig. Ek het 'n onskuldige man verraai.” Maar hulle antwoord: “Wat het ons daarmee te doen? Dit is jou saak!”

MATTEUS 27:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien!

MATTEUS 27:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

met die woorde: “Ek het verkeerd gedoen. Ek het ’n onskuldige man uitgelewer!” Hulle het geantwoord: “Dit raak ons nie. Dis jou probleem.”

MATTEUS 27:4 DB (Die Boodskap)

“Dè, vat! Ek het ’n groot fout gemaak. Ek het ’n onskuldige man in die moeilikheid laat beland.” “Dit is jou saak. Dit pla ons nie,” sê die Jode.

MATTEUS 27:4 ABA (Bybel vir almal)

Hy het gesê: “Ek het sonde gedoen, want ek het 'n onskuldige man verraai, en nou moet Hy sterf.” Maar die priesterleiers en die familieleiers het vir hom gesê: “Dit is nie ons probleem nie! Dit is jou probleem!”

MATTEUS 27:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

en gesê: “Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai.” Hulle het egter gesê: “Wat het dit met ons te doen? Jy moet maar self toesien. ”

MATTEUS 27:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En gesê: Ek het gesondig deurdat ek die onskuldige bloed verraai het. En hulle sê: Wat is dit vir ons? sien jy daarvoor.