MATTEUS 27:35
MATTEUS 27:35 Bybel vir almal (ABA)
Die soldate het vir Jesus gekruisig en elke soldaat het van Jesus se klere gevat. Hulle het lootjies getrek om te besluit watter klere elkeen moet kry.
MATTEUS 27:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp.
MATTEUS 27:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het Hom gekruisig en sy klere verdeel deur te loot.
MATTEUS 27:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy boklere verdeel deur daaroor te loot.
MATTEUS 27:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het Hom gekruisig en sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel, en oor my gewaad het hulle die lot gewerp.