MATTEUS 27:32 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 27:32 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Sirene met die naam Simon, en hulle het hom gekommandeer om Jesus se kruis te dra.
MATTEUS 27:32 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
EN toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Ciréne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra.
MATTEUS 27:32 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Op pad kom hulle ’n man met die naam Simon teë. Hy was van Sirene afkomstig. Hulle het hom opgekommandeer om Jesus se kruis te dra.
MATTEUS 27:32 DB (Die Boodskap)
Op pad kry hulle vir Simon. Hy het uit Sirene in Afrika gekom. Voor hy hom kom kry, moes hy Jesus se kruis verder dra.
MATTEUS 27:32 ABA (Bybel vir almal)
Toe hulle uit Jerusalem uitgaan, het hulle 'n man van die stad Sirene gesien. Sy naam was Simon. Die soldate het vir Simon gesê hy moet Jesus se kruis dra.
MATTEUS 27:32 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op pad na buite het hulle 'n man van Sirene met die naam Simon teëgekom. Hulle het hierdie man gedwing om Jesus se kruis te dra.
MATTEUS 27:32 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hulle uitkom, kry hulle 'n man van Cirene met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra.