Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 27:30 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 27:30 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan.

MATTEUS 27:30 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof.

MATTEUS 27:30 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Boonop het hulle Hom bespoeg en die riet by Hom gegryp en Hom daarmee teen die kop geslaan.

MATTEUS 27:30 DB (Die Boodskap)

Hulle het Hom ook bespoeg en Hom met sy “septer” oor die kop geslaan.

MATTEUS 27:30 ABA (Bybel vir almal)

Hulle het op Hom gespoeg en hulle het die riet geneem en aangehou om Jesus daarmee op sy kop te slaan.

MATTEUS 27:30 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hulle het op Hom gespoeg en die riet geneem, en Hom herhaaldelik op sy kop geslaan.

MATTEUS 27:30 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hulle het op hom gespoeg en die riet geneem en hom op die kop geslaan.