MATTEUS 27:27 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 27:27 AFR83 (Afrikaans 1983)
Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in en bring die hele leërafdeling rondom Hom bymekaar.
MATTEUS 27:27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarop neem die soldate van die goewerneur Jesus met hulle saam in die goewerneur se paleis en bring die hele leërafdeling teen Hom bymekaar.
MATTEUS 27:27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die goewerneur se soldate het Jesus toe na hulle hoofkwartier geneem en die hele regiment teen Hom bymekaargemaak.
MATTEUS 27:27 DB (Die Boodskap)
Die goewerneur se soldate het Jesus in Pilatus se paleis ingevat en ’n klomp ander soldate geroep.
MATTEUS 27:27 ABA (Bybel vir almal)
Die soldate het Jesus na die goewerneur se huis geneem. Hulle het al die ander soldate geroep om saam te gaan.
MATTEUS 27:27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het die soldate van die prokurator vir Jesus na die pretorium saamgeneem, en die hele kohort soldate by Hom byeengebring.
MATTEUS 27:27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het die soldate van die goewerneur Jesus in die gemeenskaplike saal geneem en die hele bende soldate by Hom bymekaargeroep.