MATTEUS 27:20
MATTEUS 27:20 Bybel vir almal (ABA)
Die priesterleiers en die familieleiers het aangehou om vir die mense te sê hulle moet vra dat Pilatus vir Barabbas uit die tronk moet laat uitkom, en vir Jesus moet laat doodmaak.
MATTEUS 27:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaal dat hulle Barábbas moes begeer en Jesus ombring.
MATTEUS 27:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Intussen het die priesterhoofde en die familiehoofde die mense oorgehaal om vir Barabbas vrylating te vra en vir Jesus die dood.
MATTEUS 27:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die leierpriesters en die familiehoofde het die skare egter oorreed dat hulle op Barabbas moes aandring, en dat hulle Jesus moes laat doodmaak.
MATTEUS 27:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oortuig dat hulle vir Barabbas moes vra en Jesus moes vernietig.