Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 27:2 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 27:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hulle het Hom geboei en Hom toe weggebring en aan Pilatus, die goewerneur, uitgelewer.

MATTEUS 27:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hulle het Hom geboei en weggelei en Hom oorgelewer aan Pontius Pilatus, die goewerneur.

MATTEUS 27:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hulle het Hom toe in boeie weggeneem en aan Pilatus, die Romeinse goewerneur, oorhandig.

MATTEUS 27:2 DB (Die Boodskap)

Daarom het hulle Hom geboei en na Pilatus, die goewerneur, gestuur.

MATTEUS 27:2 ABA (Bybel vir almal)

Hulle het Jesus met boeie vasgemaak en Hom weggevat en hulle het Hom vir die goewerneur Pilatus gegee om Hom te straf.

MATTEUS 27:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hulle het Hom toe geboei, weggelei en aan •Pilatus, die prokurator, uitgelewer.

MATTEUS 27:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe hulle Hom gebind het, het hulle Hom weggelei en Hom aan Pontius Pilatus, die goewerneur, oorgegee.