Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 26:72 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 26:72 AFR83 (Afrikaans 1983)

Weer het Petrus dit ontken en met 'n eed gesê: “Ek ken die man nie!”

MATTEUS 26:72 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En met 'n eed ontken hy dit weer: Ek ken die man nie.

MATTEUS 26:72 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Weer het hy dit ontken, hierdie keer met ’n eed: “Ek ken hierdie man glad nie!”

MATTEUS 26:72 DB (Die Boodskap)

Weer het Petrus sy kop heftig geskud en gesê: “Ek sweer, ek ken hierdie man van geen kant af nie!”

MATTEUS 26:72 ABA (Bybel vir almal)

Maar Petrus het weer gesê: “Dit is nie waar nie. Ek ken nie die man nie. Die Here is my getuie.”

MATTEUS 26:72 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Weer het hy dit ontken, met 'n eed: “Ek ken die man nie.”

MATTEUS 26:72 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hy het weer met 'n eed ontken: Ek ken die man nie.