Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 26:69 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 26:69 AFR83 (Afrikaans 1983)

Petrus het buite in die binnehof gesit toe 'n diensmeisie na hom toe kom en sê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër.”

MATTEUS 26:69 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN Petrus het buitekant gesit in die binneplaas van die paleis, en 'n sekere diensmeisie het na hom gekom en gesê: Jy was ook by Jesus, die Galiléër!

MATTEUS 26:69 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Petrus het nog steeds buite in die binnehof gesit. ’n Diensmeisie kom toe nader en sê: “Jy was mos ook saam met Jesus die Galileër?”

MATTEUS 26:69 DB (Die Boodskap)

Terwyl hulle binne so tekere gaan, het Petrus buite in die agterplaas gesit. Een van die werkers kom toe daar na hom toe. Dit was ’n vrou. “Vir jou het ek al gesien. Jy is mos een van die vriende van Jesus, die man uit Galilea.”

MATTEUS 26:69 ABA (Bybel vir almal)

Petrus was op die oop stuk grond voor die hoëpriester se huis. Een van die meisies wat daar gewerk het, het na hom toe gekom en gesê: “Jy was ook saam met Jesus van Galilea.”

MATTEUS 26:69 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

•Petrus het buite gesit, in die binnehof. 'n Sekere diensmeisie het na hom gekom en gesê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër.”

MATTEUS 26:69 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Petrus het buite in die paleis gesit, en 'n meisie het na hom gekom en gesê: Jy was ook saam met Jesus, die Galiléa.