MATTEUS 26:63 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 26:63 AFR83 (Afrikaans 1983)
Maar Jesus het niks gesê nie. Die hoëpriester sê toe vir Hom: “Ek stel jou onder 'n eed by die lewende God dat jy vir ons moet sê: Is jy die Christus, die Seun van God?”
MATTEUS 26:63 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is?
MATTEUS 26:63 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Maar Jesus het bly swyg. Toe sê die hoofpriester: “Ek eis nou van jou in die Naam van die lewende God dat jy vir ons moet sê of jy die Messias, die Seun van God is.”
MATTEUS 26:63 DB (Die Boodskap)
Jesus het egter doodstil gebly. Vererg sê die hoëpriester: “Ek beveel jou op gesag van God, sê vir ons: Is jy die Christus, die Seun van God - ja of nee?”
MATTEUS 26:63 ABA (Bybel vir almal)
Maar Jesus het stilgebly. Toe sê die hoëpriester vir Hom: “Ek sê vir jou, jy moet voor die God wat lewe, sê of jy die Christus is, die Seun van God.”
MATTEUS 26:63 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Jesus het stilgebly. Die hoëpriester sê toe vir Hom: “Ek besweer jou by die lewende God dat jy vir ons moet sê of jy die Christus, die •Seun van God is.”
MATTEUS 26:63 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir hom: Ek besweer jou by die lewende God, dat jy vir ons moet sê of U die Christus is, die Seun van God.